Hoërskool Nelspruit Para-atleet verteenwoordig weer Mpumalanga
ADVERTISEMENT
Die SASAPD Nasionale Kampioenskappe het 29 Maart 2026, plaasgevind waar para-atlete van regoor Suid-Afrika hul beste gelewer het. Hoërskool Nelspruit leerling, Conrad Otto het weer Mpumalanga verteenwoordig as ’n F13-atleet. Hy het aan gewigstoot, diskus en spiesgooi meegeding.

Hierdie foto is geneem tydens verlede jaar se kampioenskappe.









