Hoërskool Ermelo atlete hou naam hoog by NWU Puk Top 30-Atletiek
ADVERTISEMENT
Op 11 en 12 Oktober het drie atlete van Hoërskool Ermelo aan die NWU Puk Top 30-Atletiekbyeenkoms te Potchefstroom deelgeneem. Baie geluk aan die volgende atlete wat uitsonderlike plekke behaal het:
- Liané Cilliers (dogters o.14) behaal ’n derde plek in die 1500m.
- Mnqobi Mabuza (seuns o.15) einde agtste in die 1500m.
- Luan Greyling (seuns o.16) behaal ’n vierde plek in die 800m.
Baie geluk aan hierdie leerders!
Foto (vlnr): Luan Greyling, Liané Cilliers en Mnqobi Mabuza










