Hoërskool Louis Trichardt fietsryers het ‘n uitstekende deelname
ADVERTISEMENT
Twee van Hoërskool Louise Trichardt -fietsryers het die afgelope naweek aan die SA Cup #2 deelgeneem by die bekende Cascades MTB Park in Pietermaritzburg. Hierdie nasionale byeenkoms bring van die land se voorste ryers bymekaar, en ons leerders het met trots hul staal gewys.
SA Cup XCC-wedren:
Subjunior dogters
- Kristen Thompson – DNF
Youth vroue
- Elané Visser – 4de plek
SA Cup XCO-wedren:
Subjunior dogters
- Kristen Thompson – 8ste plek
Youth vroue
- Elané Visser – 7de plek
Baie geluk aan Kristen en Elané – ons is trots op julle prestasies, deursettingsvermoë en die manier waarop julle ons skool verteenwoordig het. Hou aan streef na uitnemendheid!






















