Hoërskool Langenhoven hokkie uitslae teen HTS Drostdy
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Langenhoven se o.16 B-dogters het op 24 Julie teen ’n sterk Drostdy-span te staan gekom en met 8-0 verloor. Die o.18 B-dogters het egter ’n goeie wedstryd gespeel en ’n welverdiende 2-0 oorwinning behaal.
Op 25 Julie het die o.16 A dogters het ’n asemrowende oorwinning van 3-2 behaal! Die wen doel is in die laaste 5 sekondes met ’n kort hoek aangeteken – dit was ‘n pure spanningsdrama van begin tot einde! Welgedaan meisies!!Die o.16 A seuns het met 1-7 verloor, maar het steeds karakter en deursettingsvermoë getoon. Ons o.18 A seuns het hul krag gewys met ’n dominante 4-1 oorwinning teen hul o.18 B span.
26 Julie was die hokkie uitslae teen Drostdy soos volg:
- o.14A dogters wen 3-0 met drie pragtige doele!
- o.14B dogters speel 1-1 gelykop in hul eerste wedstryd op ’n astro – goed gedoen!
- o.16C dogters, ’n mengelmoes span, verloor 0-2, maar het mooi gespeel en nooit opgegee nie.
- o.14A seuns verloor 1-8 teen ’n sterk span.
- o.14B seuns wen met ’n puik 3-0!
- o.16B seuns verloor 0-3, maar het dapper gespeel tot die einde.

o.14A dogter hokkie

o.14B dogters hokkie

o.16A Dogters Hokkie

o.16A seuns hokkie

o.16B hokkie

o.16C Dogters Hokkie

o.18A hokkie Dogters

o.18A hokkie seuns

o.18B hokkie dogters

o.18B hokkie









