Hoërskool Garsfontein se robotikaspan presteer besonders tydens die Nasionale kompetisie
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Garsfontein Robotikaspan het besonders presteer tydens die Nasionale kompetisie op 6 en 7 Desember by Sci-Bono in Johannesburg. Die Snuggly Ducklings het ‘n eerste plek in die Alliansie Spele en’n tweede plek in die Robot Prestasie kategorie behaal. Hulle was ook die algehele wenners van die kompetisie. Die Nuclear Juicers het algeheel’n tweede plek in die kompetisie behaal. Beide spanne ontvang uitnodigings na die Wêreld FIRST-Fees in Houston, Texas in April asook die Afrika Ope in Kaapstad in Mei maand, 2025.










