Hoërskool Framesby se 1ste hokkiespanne skop die seisoen af met ‘n Braai
ADVERTISEMENT
Framesby se 1ste hokkiespanne skop die seisoen met ‘n gesellige braai af! Donderdagaand het die 1ste seuns- en dogtershokkiespanne ‘n informele ken-mekaar-braai saam met hul ouers geniet.
Dit was ‘n wonderlike geleentheid vir spelers en ouers om mekaar beter te leer ken en die nuwe seisoen saam af te skop. Sterkte aan albei spanne vir die seisoen wat voorlê! Ons glo julle gaan Framesby met trots verteenwoordig!











