Hoërskool Framesby ouers en leerders kuier saam by tennisbaan
ADVERTISEMENT
Op Saterdag 27 Januarie het daar groot opgewondenheid geheers by die tennisbane. Ouers en kinders het as spanne ingeskryf en teen mekaar meegeding. Hulle moes kreatief wees deur op te dress. Die bes geklede was Kayden du Toit en sy pa. Oor almal so kreatief was, moes ons ‘n 2de plek ook aangewys het wat aan Carike Marais en haar ma gegaan het. Na ‘n dag van vinnige tennis, het ons by die finaal uitgekom.
Eben Peens en sy pa word as die wenners vir die dag aangewys . Dankie vir die borge wat vir ons die pryse vir die dag geskenk het. Mev Stopforth het die wenners se prys geskenk en Brian Bands het al die ander pryse vir die gelukkige trekkings geskenk.


















