Hoërskool Framesby mediasentrum kies hoofprefekte vir 2026
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Framesby mediasentrum is trots om aan te kondig dat die twee hoofprefekte vir 2026 *Bianca Malan en Ryan Dobsin* is. Hulle sal met toewyding leiding neem en daarna streef om ’n positiewe, professionele en ondersteunende omgewing binne die mediasentrum te bevorder. Daarbenewens word ’n Prefek van die Maand elke maand geïdentifiseer. Hierdie erkenning word toegeken aan ’n prefek wat die eienskappe van vriendelikheid, behulpsaamheid, verantwoordelikheid en ’n positiewe bydrae tot die mediasentrum toon. Baie geluk aan *Nickeisha Majola* met hierdie welverdiende erkenning.












