‘n Dag vol inspirasie en kreatiwiteit by Ligbron Akademie vir Tegnologie
ADVERTISEMENT
Dit was ’n groot hoogtepunt by Ligbron Akademie vir Tegnologie toe Daandré en Marisca Coetzee hul pad na mekaar gedeel het. Hulle het beklemtoon dat ’n ernstige verhouding slegs gebou kan word met God as die fondament. Die meisies het later die middag ’n stylvolle “High Tea” geniet waar Marisca oor innerlike skoonheid gesels het. Soos verlede jaar is die skool se jaarlikse Re-imagine Fashion Show ook tydens die geleentheid aangebied. Modelle het 16 unieke ontwerpe, gemaak van herwinbare materiaal vertoon.










