Hoërskool Framesby landloop kook
ADVERTISEMENT
Sibaleka Nani Forest Run: 15KM: Saterdag, 14 Junie 2025 As voorbereiding vir ‘n interprovinsiale halfmarathonbyeekoms neem Ilke Wolmarans aan ‘n 15km Forest-wedloop deel. Hoewel sy die wedloop slegs as ‘n oefening gebruik het, behaal sy nog steeds ‘n tweede plek in die junior damesafdeling in ‘n tyd van 1:16,2. Connor Bird behaal algeheel ‘n vyfde plek in die 5km-pretdraf en was die eerste junior atleet in die wedloop.
NG Kerk Pretdraf: 5KM Daar het 300 atlete aan die 5km-pretdraf deelgeneem. Baie van die OP se topatlete neem aan die wedloop deel. Sowat veertig van Hoërskool Framesby se landlopers het aan die wedloop deelgeneem as ‘n voorbereiding vir ons George-landlooptoer. Dallian Oerson behaal ‘n besonderse prestasie deur die wedloop te wen- juniors en seniors ingesluit. Ander atlete wat ook onder die eerste 5 dames en mans geëindig het:
- Guerra Ntuli- algeheel derde man en junior.
- Wihan Roberts- algeheel vierde man en junior.
- Jamie-Lee Bester- derde vrou en eerste junior damesatleet.
- Minke van der Merwe- vierde vrou en tweede junior atleet.
- Kylie Vermaak- vyfde vrou en derde junior atleet.












