Hoërskool Framesby Kultuur Nuus
ADVERTISEMENT
Op Vrydag, 28 Februarie het die Filantrope ‘n besoek aan Laerskool Altona en die Sopkombuis gebring, waar hulle ‘n dag van omgee en liefde gedeel het. Die leerders het die kinders met warmte en entoesiasme oorweldig – hulle gesiggies geverf, saam gespeel en heerlike sop bedien. Dit was ‘n dag gevul met lag, vreugde en opregte gebare van liefde. Om Jesus se hande en voete te wees op ‘n plek waar dit die meeste nodig is, was ‘n voorreg. Soms is dit die kleinste dinge – ‘n glimlag, ‘n drukkie, ‘n bietjie aandag – wat die wêreld vir iemand anders kan beteken.![]()










