Hoërskool Ermelo tennis Mpumalanga Finale Uitslae
ADVERTISEMENT
Op 4 Oktober 2024 speel ses van EHS se agt tennisspanne in die Mpumalanga Finale-uitspele. Dié ses spanne was ligawenners.Hierdie jaar bied die Laeveld dit op ‘n rondomtaliewedstryd wyse aan.Hoërskool Ermelo kwyt hul uitstekend van hul taak en behaal die volgende uitslae:
Eerste span dogters, tweede span dogters en die derde span seuns eindig almal derde in Mpumalanga. Die volgende spanne behaal almal ’n tweede plek in Mpumalanga: derde span dogters, vierde span dogters, vierde span seuns. EHS is trots op hierdie leerders en wens hul geluk met die sukses van 2024.
Die groep tennis-spelers wat deel was van die onderskeie spanne wat aan die Mpumalanga finale deelgeneem het.










