Hoërskool Ermelo-seunshokkie vaar goed in nog liga-wedstryde
ADVERTISEMENT
Op 24 April het al drie Hoërskool Ermelo se seunshokkiespanne ligawedstryde gespeel. Die o.14-span het `n titaniese stryd teen Ligbron Akademie gevoer. Dit was ’n goeie wedstryd wat die toeskouers op die punte van hul stoele gelaat het. Die wedstryd eindig 1 – 1. Nathan Herbst het EHS se doel binne die laaste drie minute van die wedstryd geskiet. Die o.16-span het gesukkel om ritme te kry op Hoërskool Volksrust se grasbane. EHS verloor 1 – 2 Armand Coetzer het EHS se doel geskiet.
Die Hoërskool Ermelo TWK eerste seunshokkiespan het in die laaste chaka teen Hoërskool Volksrust praghokkie gelewer. EHS wen die wedstryd 5 – 1. EHS se doelskieters is Raees Tikly (2), Thobani Zwane (2) en Adam Barnard. Baie geluk aan hierdie seuns. EHS is trots op ons seunshokkie.
Nathan Herbst (voor) met Jannie Jacobsz links en Henning Romijn agter
Tyron Berning links en Greghan Groenewald regs.
Die Hoërskool Ermelo TWK eerstespan seunshokkie.










