Hoërskool Ermelo netbal en -rugby speel spog-wedstryde teen Rob Ferreira
ADVERTISEMENT
Op Woensdag 26 April het die Hoërskool Ermelo se netbal- en rugbyspanne goed presteer teen Hoërskool Rob Rerreira. Die netbalspanne het vyf van hul agt wedstryde gewen en dié wat verloor het, eindig hul wedstryd met naelbyt-tellings. Die uitslae is as volg:
- o.14A-span verloor 7 – 15
- o.14B-span verloor 5 – 7
- o.15A-span wen 18 – 11
- o.15B-span wen 9 – 7
- o.16A-span wen 14- 7
- o.16B-span verloor 9 – 11
Die Tweedespan oorrompel Rob Ferreira en wen met ’n uitsonderlike telling van 24 – 0. Die Hoërskool Ermelo KS Clothing eerste netbalspan speel uitstekende netbal en eindig hul stryd met ’n prag-telling van 34 – 15.

Mariné Jacobsz

Hoërskool Ermelo KS Clothing eerste netbalspan

Wiané Möller
Die rugbyspanne van EHS speel almal aanskoulike rugby en eindig met die volgende tellings:
- o.14A-span verloor 10-24
- o.14B-span verloor 10-30
- o.15A-span wen 34-17
- o.16A-span wen 36-17
- o.16B-span wen 17-12
Die derdespan verloor met ’n naby telling van 5-10 Die tweedespan verloor met 12-22. Die Hoërskool Ermelo eerste rugbyspan se wedstryd was ’n aanskoulike stryd. Teen halftyd is die telling 7-21 in Rob Ferreira se guns. Die Erries het egter geweier om te gaan lê en speel met vasberadenheid aanskoulike rugby. In die laaste minute teken EHS die wenpunte aan en die stryd eindig met 27-24 vir EHS. Baie geluk aan elke span wat ware Errie-karakter getoon het en aan dié wat as oorwinnnaars van die veld en baan afgestap het. Julle maak Hoërskool Ermelo trots!

Carel Jacobsz besig om te skop

EJ venter met die bal









