Hoërskool Driehoek ruiters blink uit
ADVERTISEMENT
Hoërskool Driehoek Western Mounted Games-ruiters blink uit! Melissa Powell en Jessica Deyzel het aan die Vrystaat SAWMGA Qualifier 1 / Western Mounted Games Qualifier 1 in Sasolburg deelgeneem – en wát ’n prestasie was dit nie!
Melissa Powell behaal:
- Bi-Rangle – 1ste plek
- Hurry Scurry – 2de plek
- Single Stake – 2de plek
- Quadrangle – 1ste plek
- Algehele Wenner – Kinders Vlak 1
Jessica Deyzel behaal die volgende prestasies:
- SAWMGA Junior Vlak 2 en bevorder na Vlak 3 met 1 eerste en 1 derde plek
- SANESA Vlak 2 – Algehele Wenner
- SAWMGA Vlak 0 – Algehele Wenner
- SANESA Vlak 1 – Algehele Wenner
Ons is trots op hierdie twee meisies se harde werk! Julle laat ons Hoekie-harte sommer vinniger klop!














