Hoërskool Die Wilgers atleet was deel van die Wildeklawer Nasionale-span
ADVERTISEMENT
Hoërskool Die Wilgers atleet Jean-Jacques Ellis was deel van die Wildeklawer Nasionale-span wat in Potchefstroom deelgeneem het. Hy behaal twee goue medaljes in die o.15-Seuns: Verspring (6.80m) en die Driesprong (13.53m). Hy wen die driesprong met 1.47 meter. Die voorreg om ‘n vlagdraer vir die span te wees is verseker ook ‘n groot eer vir Jean-Jacques! Jou harde werk en toewyding maak ons trots.
![]()










