Hoërskool DF Malan tennistoernooi ‘n reuse sukses
ADVERTISEMENT
Hoërskool DF Malan tennistoernooi. Die volgende tennisleerders het hierdie naweek aan die jaarlikse DF Malan tennistoernooi deelgeneem: Lucas Pentz, Gustav Lombard, Simon van Eeden, Siegfried Visser, Maria van Niekerk, Liné van Rensburg, Dané Nel en Emma Snyman. DF was die algehele wenners van die toernooi. Ons sê baie dankie aan die borge: FNB, Kloppers, Eucerin, Falke, Wilson, Niques cookies, Aquelle asook tannie Dawn van die snoepie. Ons is ook baie dankbaar vir die afrigter, Lyndon Belling van Tennis4life, se groot bydrae tot die sukses van hierdie toernooi. Die vier skole wat aan die tennistoernooi deelgeneem het, was: DF Malan, Durbanville, Bellville en Stellenberg.
















