Hoërskool DF Malan-Musiekdepartement het in Julie behoorlik feesgevier
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool DF Malan-Musiekdepartement het 28 Julie behoorlik feesgevier in ‘n volgepakte Hugo Lambrechts Ouditorium. Dit was deel van die 70-jaar vieringe. DF-Musiek- en Koorleerders het die verhoog gedeel met bekende alumni voor ‘n baie meelewende gehoor. Akteurs, Chris Vorster en Albert Maritz, het die gehoor geneem op ‘n opwindende reis deur die afgelope 70 jaar met staaltjies en vertellings.
Die hoogtepunte van die aand was die oorhandiging van ‘n oorkonde aan Eduard Greyling vir lewenslange bydraes en prestasies wat hy plaaslik en internasionaal gelewer het in ballet; asook die Alumni-Feeskoor wat deur André Grové bymekaar gebring is en deur hom en legendariese dirigent, Danie Smit gelei is. Twee liedere van die komponis van die Skoollied, H. Pieter van der Westhuizen, is uitgevoer. Ons opregte dank aan alle betrokkenes vir ‘n onvergeetlike aand!
![]()










