Hoërskool Centurion tweekampatlete neem aan die SA kampioenskappe deel
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die tweekampatlete wat aan die SA kampioenskappe deelgeneem het. Die Woeries het uitstekend gevaar, met verskeie leerders wat hulle tye verbeter het. Met 90 skole wat deelgeneem het, het die Woeries ‘n fantastiese agtste plek behaal – ‘n bewys van harde werk en deursettingsvermoë!
‘n Spesiale vermelding aan Isabella von Wielligh wat ‘n silwer medalje verower het. Die Hoërskool Centurion is trots op julle!















