Hoërskool Ben Vorster skuts presteer aan die SA’s
ADVERTISEMENT
Twee van Hoërskool Ben Vorster se skuts, Rikus de Kock en Schalk van Niekerk, het as deel van die Suid-Afrikaanse skyfskietspan in Engeland aan die BJI-kompetisie (British Junior International) teen verskeie ander lande gaan deelneem. Albei skuts het baie goed gevaar en het ons vreeslik trots gemaak. Rikus de Kock, o.16-ouderdomsgroep, het vyfde geëindig in die 3P afdeling, tiende in die 10M en sy span het dertiende in die Grand Prix geïndig..
Schalk van Niekerk, o.21-ouderdomsgroep, het ‘n derde plek vir 3P behaal, sowel as nog ‘n derde plek vir 10M. Albei sy spanne het ook baie goed gevaar in die 3P sowel as die 10M, waar hulle goud gewen het in die 3P. Hul verower ook brons in die 10M. Die Vossies is baie trots op hierdie skuts wat so uitstekend teen al die ander lande presteer het.










