Hoërskool Belville sport nuus
ADVERTISEMENT
Netbal:
Drie Hoërskool Bellville-netbalspelers is in Wes-Kaapspanne opgeneem. Baie geluk aan: o.18 – Ziané Faber; o.17 – Yolandi Struwig; o.15 – Jacqueline Roux. Jacqueline neem van 26-29 Junie aan die All Ages-toernooi in Boksburg deel. Yolandi en Ziane neem van 10-14 Julie aan die Telkom Netballiga in Mpumalanga deel.
Gholf:
Hoërskool Bellville se spelers het kookwater gholf gespeel en Hoërskool Durbanville met 58-52 in hul WP-ligawedstryd geklop. Baie geluk aan Hanré le Roux, Henré Nortjé, Cian de Kock, Suné Hougaard, Francois Bezuidenhout, Ruhan Carstens met die puik prestasie.
Boogskiet:
Danelle van der Merwe (gr. 9) het die pyle laat vlieg by die AGA-WC BE/Funshoot-boogskietkompetisie en eerste van al die hoërskoolmeisies geëindig. Danelle het 278 uit 300 geskiet en was ook vyfde van al die leerders en volwassenes (AAG’s). Baie geluk, Danelle!
Netbal WP spelers
Gholfspelers
Boogskiet










