Hoër Landbouskool Boland se seuns werk gretig saam om die oes in te kry
ADVERTISEMENT
Die Boland is weer bly!Daar is min dinge wat die hart so laat bons soos die begin van parstyd. Van die vroeë oggendure se geswoeg in die wingerd tot die vol sleepwaens wat kelder toe ry – die energie op die plaas is aansteeklik! Hoogtepunt van die dag: Om te sien hoe Hoër Landbouskool Boland se seuns saamwerk om die oes in te kry. Spanwerk laat die droom werk! Dankbaar vir die seëninge van die grond en die vooruitsig van ‘n heerlike glasie wyn vorentoe.
















