Helpmekaar Kollege se sport uitblinkers vir kwartaal 2
ADVERTISEMENT
Hiermee Helpmekaar Kollege se sport uitblinkers vir kwartaal 2.
Stoei
Jesse van Baalen (Gr. 11), Terence Esterhuizen (Gr. 10) en Johnny Esterhuizen (Gr. 9) het Suid-Afrika verteenwoordig by die United World Wrestling-toernooi .Jesse het ’n tweede plek, in sy ouderdomsgroep behaal. Terence en Johnny was onderskeidelik derde en vierde in hulle ouderdomsgroep.
Jesse van Baalen
Terence Esterhuizen
Johnny Esterhuizen
Muurbal
- Heinu van Jaarsveld (Gr . 9) is verkies tot die Joburg Junior o.16 A-seunspan.
- Arno Joubert (Gr . 12) het ʼn plek in die Joburg Junior o.19 A-seunspan los gespeel.
- Micaela Staal (Gr . 12) is opgeneem in die o.19 B-span.
Heinu van Jaarsveld
Arno Joubert
Micaela Staal
Kickboxing
Vian Singleton (Gr . 11) is aangewys as die Junior Kickboxing-kampioen by die SA Kickboxingkampioenskappe wat vanaf 12-15 Mei in Mosselbaai plaasgevind het . Hy verwerf sy SA-kleure en gaan Suid-Afrika in Augustus by die Afrika- spele ver teenwoordig in die Juniors o.18-afdeling (onder 86 kg).
Vian Singleton
Fietsry
Calem Angus en Jade De-Santi (beide Graad 11) het Suid-Afrika verteenwoordig in die African Continental Championships -XCO in Namibië, waar die hele vasteland se XCO -bergfietsspanne ver teenwoordig is . Calem het algeheel 10de geëindig en Jade 14de.
Jade De-Santi
Calem Angus
Airsoft
Wian Badenhorst (Gr . 12) is onlangs verkies tot die Gauteng (Senior Mans ) Airsoft-span.
Wian Badenhorst
Swem
Die volgende leerders behaal medaljes by die SA Nasionale Junior en Senior Swemkampioenskappe:
- Adriaan Mostert: 2de in 200 m-borsslag en 3de in 400 m-Individual Medley
- Bernelee Doster: 3de in 200 m-rugslag
Ricchard Meyer: 3de in 200 m-borsslag.
Adriaan Mostert
Bernelee Doster
Riccard Meyer
Seiljag
Ingrid Holm (gr .10) en Lena Holm (gr .9) het aan die Nasionale Seilkompetisie in Mosselbaai deelgeneem. Hul het baie goed gevaar en ʼn algehele tweedeplek behaal -eersteplek in dogters-afdeling.
Ingrid Holm
Lena Holm










