Groot dank aan Hoër Lanbouskool Boland alumni
ADVERTISEMENT
‘n Groot dankie aan die Old Boys van 2005, 2010 en 1985 wat saam met ons was vir die sing-songs! Julle teenwoordigheid het alles soveel meer spesiaal gemaak. Dit is ons laaste tuiswedstryd van die seisoen teen Bishops.
Koshuislewe is lekker! Vir ons seuns beteken ‘n tuis rugby-naweek ook ‘n inbly Vrydagaand by hul tweede tuiste, Huis Nico Malan. Dit is hier waar ‘n kennis gou ‘n vriend raak en ‘n vriend vinnig ‘n broer word. Sing-songs en geesvang op die pawiljoen is altyd deel van die pret!Baie geluk aan hierdie week se “Man van die Gang” wenners!











