Gholfprestasie om op trots te wees vir Laerskool Nelspruit
ADVERTISEMENT
Op 9 November het die Laeveldspan aan die Mpumalanga-proewe by Middelburg Country Club deelgeneem. Die span het bestaan uit 12 seuns en 6 dogters, waarvan 7 trotse Laerskool Nelspruit leerders is. Ons is besonders trots op Johan Nolte en Janco Cronje, wat vir die Mpumalangaspan gekies is! Hulle neem in Desember aan die volgende rondte deel – baie geluk, manne! Met sulke toewyding is die toekoms blink – hou aan inspireer, Nellies!













