EHS-7’s vaar goed by MPU-toernooi
ADVERTISEMENT
Op 16 en 17 September het die o.15- en o.17-rugby sewes-spanne aan die Mpumalanga 7’s-toernooi in Piet Retief deelgeneem.
Dit was twee dae van harde wedstryde, maar die Erries het hulself uistekend van hul taak gekwyt.
Die o.15-span wen al hulle poel-wedstryde en dring deur na die semi-finale ronde.
Die Erries se o.17-span werk hard en word die geleentheid gegun om in die finaal van die Plate-afdeling te speel. Dié span moes ongelukkig onttrek as gevolg van te veel beserings.
Baie geluk aan die twee spanne met prag–rugby! EHS is trots op julle.
Krediet vir foto’s: HH Photography & Design
Franco Ludwig met die bal.
Bafana Madini beur vasberade voorentoe met die bal.










