Drie Parel Valleiers gekies vir provinsiale muurbal
ADVERTISEMENT
Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes spog vanjaar met drie leerders in Boland se provinsiale muurbalspan. Hayley Rodd in graad 11 is gekies vir die 0.19-dogterspan en Devon Osborne (graad 10) en Louis le Riche (graad 9) is beide vir die o.16-seunspan gekies. Devon Osborne het in April aan die Suid-Afrikaanse Muurbalkampioenskap deelgeneem waar hy weereens as die nommer een o.16-speler in die land geëindig het.
Van links na regs: Devon Osborne, Hayley Rodd en Louis le Riche.










