Drie Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria rugbyspelers in SA Skole-spanne
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria se Janco Purchase wat na afloop van die Craven Week vir ‘n tweede keer vir die SA Skolespan gekies is, en aan JD Hattingh (kaptein) en Hendré Schoeman wat vir die SA Skole A-span gaan uitdraf. Hierdie twee spanne takel mekaar op 4 Julie om 15:00 as deel van hul eerste oefenkamp. Baie sterkte met die voorbereiding!










