Die Hoërskool Wonderboom se o.16-rugbyspan is as Stadsbekerwenners gekroon
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Wonderboom se o.16-rugbyspan is as Stadsbekerwenners gekroon! In ’n spannende finaal het ons span vir Pretoria-Noord Hoërskool met 19–17 geklop. Wat ’n uitstekende prestasie! Julle vasberadenheid, spanwerk en veggees het deurgaans gewys.
![]()
Baie geluk aan elke speler, afrigter en ondersteuner wat tot hierdie besondere oorwinning bygedra het.
Baie geluk, kampioene! Die Wonnie-familie is ongelooflik trots op julle!
Dankie aan Pierre Rhynners wat hierdie ongelooflike oomblik vasgevang het
![]()










