Hoërskool Swellendam eerstespan het soos ’n veldbrand oor die veld beweeg teen Jakes Gerwel
ADVERTISEMENT
Die Rugbyseuns het op 14 Mei teen Jakes Gerwel gespeel. Die o.15A’s het met moed gespeel, en op die ou einde 17-17 gelykop gespeel. Die o.16’s het egter soos ’n vlam aangeval, wat hulle ’n oorwinning van 40-14 besorg het. Hoërskool Swellendam eerstespan het soos ’n veldbrand oor die veld beweeg, maar Jakes Gerwel het dit ongelukkig met 24-15 geseëvier. ’n Paar dae later het ons o.15A en B-spanne teen Overberg gespeel. Die o.15 A’s het soos vonke begin en weereens was hulle aan die brand en wen 24-15. Die o.15 B’s het nét so goed gedoen en het die spel gewen, Ruzanne Burger










