Die Hoërskool Wonderboom leerder bekroon as afdelings wenner
ADVERTISEMENT
Ons harte klop voller van trots toe Eugene Els leerder van Hoërskool Wonderboom bekroon is as afdelingwenner tydens die Pretoria Eisteddfod 2025. Hy het die Pretoria Eisteddfod Trofee verower vir sy uitmuntende prestasie in Senior Vokaal, met die hoogste gemiddeld van drie solo-optredes (seuns).
Eugene se toewyding, tegniek en passie vir sang weerklink in elke noot wat hy sing. Sy prestasie is nie net ’n bewys van sy talent nie, maar ook van harde werk en volgehoue dissipline.Baie geluk, Eugene jy is ’n ware ambassadeur vir die Wonnies!











