Die Hoërskool Brandwag skitter aan die provinsiale rondte van die WOW-spelfees
ADVERTISEMENT
Twee leerders van Die Hoërskool Brandwag het eerste plekke by die provinsiale rondte van die WOW-spelfees behaal. Kemica Harth in graad 9 en Ajay Jacobs in graad 8 het albei goue medaljes verower deur hul onderskeie graad-afdelings te wen. Kemica en Ajay gaan op 11 Oktober aan die nasionale finaal van die WOW-spelfees in Stellenbosch deelneem.
![]()










