Hoërskool Postmasburg possies spel die land aan die brand
ADVERTISEMENT
Hoërskool Postmasburg possies spel die land aan die brand. Elverisha Witbooi en Evangeline Jacobs, beide in graad 8, het op 15 Oktober aan die Nasionale Sanlam WOW Spelkompetisie in Stellenbosch deelgeneem. Tydens dié rondte van die kompetisie ding die 4 bestes uit elke provinsie mee om die titel. Ons twee deelnemers het hul skool, distrik én die Noord-Kaap verteenwoordig.
Elverisha, dogter van Elroy en Rasheeda Witbooi, het goed gevaar in die Engels Eerste Addisionele Taal-afdeling, hoewel sy nie ‘n plek kon losspel nie. Evangeline het in die afdeling vir Afrikaans Huistaal deelgeneem en al die deelnemers uit ander provinsies uitgestof deur ‘n eerste plek te behaal! Die trotse ouers – Hendré en Getrude Jacobs – was bevoorreg om by te wees toe sy dié prestasie behaal. Baie geluk, julle twee! Ons is ongelooflik trots op julle – julle het seker gemaak dat mense kennis neem van Hoërskool Postmasburg!
Elverisha en Evangeline










