Die Hoër Meisieskool Oranje oorheers Interhoërgala
ADVERTISEMENT
Die Hoër Meisieskool Oranje het vir ’n agtste keer in ’n ry die Interhoërgala se meisieskole-afdeling gewen en was in drie ouderdomsgroepe die kampioen vir meisiespanne. Die gala is 23 en 24 Februarie by Grey Kollege beslis. Die Oranjeniete het in die o.14-, o.16- en o.19-ouderdomsgroepe geseëvier en het in totaal 19 goue medaljes verower. Dit het vyf aflosse ingesluit. Anieke Helmand was die voorste swemmer in die ouderdomsgroep 17 jaar en ouer. Anieke het al vyf haar individuele finale gewen.

Van links is Caileigh de Beer (namens die o.14-wenspan), Nanette Jordaan (namens die o.16-wenspan), Miché Johns (namens die o.19-wenspan) en Anieke Helmand (swemkaptein en beste swemmer 17 jaar en ouer).









