Derde plek vir Hoërskool Stellenbosch Graad 12 Gasvryheidstudie-leerder
ADVERTISEMENT
Meake Hancock, ’n Hoërskool Stellenbosch Graad 12 Gasvryheidstudie-leerder, het ’n derde plek behaal in die gesogte “Young Chef Challenge” -kompetisie! Hierdie kookkompetisie is aangebied deur die “International Hotel School” in Kaapstad, in samewerking met die WKOD. Geregte moes ‘n Marokkaanse tema voorstel. Leerders moes hul eie resepte ontwikkel, voorberei én professioneel aanbied. Meake het die beoordelaars beïndruk met:
- ’n Geurige voorgereg van gepiekelde wortels, kekerertjies en tuisgemaakte labneh
- ‘n Smaakvolle hoender tagine met koeskoes as hoofgereg
Matriekleerders van regoor die provinsie, selfs tot so ver as George, het aan hierdie kompetisie deelgeneem. Baie geluk, Meake! Ons is ongelooflik trots op jou harde werk, kreatiwiteit en uitstekende prestasie!













