Dankie Laerskool Aliwal-Noord Koshuismamma
ADVERTISEMENT
Dankie Laerskool Aliwal-Noord Koshuismamma. Net soos enige Koshuiskind, is ‘n Koshuismamma ook baie spesiaal. ‘n Koshuismamma is van ‘n spesiale weefstof aanmekaar geweef. Hierdie spesiale weefstof het verskeie unkieke eienskappe, maar die belangrikste eienskap is vertoue. Daarom is dit vir die LSAN Koshuis belangrik om vir al die Koshuismamma’s dankie te sê, omdat hulle die LSAN Koshuis kies en vertrou met hul kosbaarste besittings, hul woelwater plaaskinders.
Op Maandag 31 Oktober het die LSAN Koshuis, in samewerking met die hoofborg OVK, ‘n spesiale ontbyt vir al die koshuismamma’s aangebied. Die spreker was Jo-Anne Bester, OVK streeksbestuurder en volhoubaarheidsbeampte van vessel. Die tema was Vroue en vesel. Daar is heerlik rondom die eetsaal se tafels gelag, gesels en nuwe vriendinne gemaak. ‘n Heerlike ontbyt is deur die matrones en kombuispersoneel voorgesit, terwyl van die koshuismeisies gehelp het om almal te bedien. Dit was beslis ‘n mooi geselligheid en geleentheid. Opregte dank aan die volgende borge wat die oggend moontlik gemaak het:
Hoofborg: OVK Borge vir gelukkige trekkings: House of Moose, OK Liquor, Sprout Foods, IKAN Hockey School, Fancy Fitness, We Wear What, Net ‘n Kameel, Sew Simple, Vogue Loft, Annique Rooibos Uitstaller: RiBox. Dankie ook aan Elandshoek Artesian Spring Water vir die borg van gebottelde water vir die ontbyt.
















