Laerskool Aliwal-Noord Wolf Pack Rugby Club uitslae
ADVERTISEMENT
Laerskool Aliwal-Noord Wolf Pack Rugby Club uitslae.Wolf Pack Rugby Club het Saterdag 29 Oktober hul eerste o.10- en o.11 sewes rugby sportdag gehou. Dit was ‘n reuse sukses. Negentien spelers het deelgeneem. Die doel van die sewes sportdag was om die spelers bekend te stel aan die sport en dit het aan die kinders die geleentheid gegee om hul vaardighede te verbeter. Die hoofdoel van die sport dag was om dit saam te geniet en ‘n liefde vir die sport te kweek.
Die sportdag het afgeskop met ‘n “ geen kontak “sewes wedstryd, om die spelers ‘n geleentheid te gee om te leer om in die gapings in te hardloop in ‘n wedstryd situasie. Daarna het die spelers almal saam gespeel in ‘n “pass” speletjie om hul “passes” te oefen, maar dit was ook n lekker lag- en- geniet- speletjie om saam te speel. Die sportdag het afgesluit met ‘n vol kontak sewes wedstryd om almal die geleentheid te gee om te wys wat hulle op die dag geleer het. Dankie aan Laerskool Aliwal Noord wat die velde vir ons beskikbaar gestel het. Wolf Pack Rugby Club sien uit na die volgende sportdag wat ons gaan aanbied.


















