Buitesport prestasie vir Hoërskool Outeniqua
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die volgende Hoërskool Outeniqua leerders wat op 10 Mei aan die 2025 Wes-Kaap 𝘔𝘢𝘳𝘵𝘪𝘢𝘭 𝘈𝘳𝘵𝘴 Kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem het en toe verkies is tot die Wes-Kaapspan. Die uitslae is as volg:
- Emma-Jané Grobbelaar -4 x Goud
- Waldimar Valentyn -2 x Goud en 1 Silwer
- Luane Rheeder -1 x Goud en 1 x Silwer
- Roche Heydenreich -1 x Goud & 1 x Silwer
Hulle neem toe aan die 2025 KOSA SA Kampioenskappe in Johannesburg deel. Die kompetisie het op 24 Mei plaasgevind. Die Kwaggas presteer utistekend. Die uitslae is as volg:
- Emma-Jané Grobbelaar -3 x Goud
- Marilene Murphy- x Silwer
- Waldimar Valentyn- 1 x Silwer
- Luane Rheeder -1 x Silwer en 1 x Brons
Hierdie leerders kwalifiseer om die Suid-Afrikaanse span in Sheffield, Engeland van 16-19 Oktober 2025 tydens die 2025 WKA Wêreld Kampioenskappe te verteenwoordig.














