Bethlehem Voortrekker Hoërskool karateka word gekies vir die KSA Karatespan
ADVERTISEMENT
Bethlehem Voortrekker Hoërskool karateka Marisia Craven (Gr.11) het 5-7 April 2024 deelgeneem aan die KSA Nasionale Junior kampioenskappe in Durban waar sy ‘n 3de plek behaal het in haar kumite afdeling. Sy is ook verkies om deel te wees van die KSA Karatespan wat later die jaar in Namibia gaan deelneem.










