Augsburg Landbougimnasium wys weer waarom hulle voorloop
ADVERTISEMENT
Van 3 tot 5 April 2025 het Augsburg Landbougimnasium aan die Agri Expo Wes-Kaap Jeugskoukampioenskappe deelgeneem wat by Hoër Landbouskool Boland aangebied is.
Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat twee-en-twintig van hierdie leerders opgeneem is in die Wes-Kaap-span wat in Oktober 2025 aan die SA Jeugskoukampioenskappe in Upington sal deelneem. Die volgende plekke is deur ons Augsburgers behaal:
– 1ste plekke: 10
– 2de plekke: 4
– 3de plekke: 8
Hierdie puik prestasies onderstreep weereens waarom Augsburg as die voorste Jeugskou-skool in die Weskaap erken word. Ons sê ook baie dankie aan die toegewyde matriekleerders wat as ringgidse opgetree het: Chae Marais, Rita-Lené Basson en Anré de Klerk. Julle bydrae het ’n waardevolle verskil gemaak.Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het – julle het ons naam met trots gedra!






















