Augsburg Landbougimnasium wys hul staal by die 41ste Jongooi-kuddeëvalueringsdag
ADVERTISEMENT
Tien van ons leerders het die 41ste Jongooi-kuddeëvalueringsdag van Agri Malmesbury op die Malmesbury-skouterrein bygewoon. Die dag behels Merino-prestasietoetsing, kudde-evaluering van jongooie en vagbeoordeling. ‘n Slaglamkompetisie (aan die hak) en kursusse vir skoliere was ook aangebied. Daar was ook ‘n hekdra-kompetisie waar spanne van vier meegeding asook ‘n slaglamveiling.
Skole wat deelgeneem het was Augsburg Landbougimnasium , Hoërskool Porterville en Hoërskool Swartland. Baie geluk aan Anré de Klerk (Gr. 10) wat ‘n derde plek verwerf het in die “Stockmanship”- kompetisie. Ons manne het ook hul staal gewys by die hekdra-kompetisie en het ‘n tweede en derde plek los gedraf. Baie geluk IW van Zyl, Phillip Smit, Riaan Louw en Dirk van Zyl. Baie dankie aan Mnr. Arnay Louw en Juf. Anja Laing wat die leerders vergesel het.












