Alumni inspireer Hoërskool Frans du Toit rugbyspelers
ADVERTISEMENT
Hoërskool Frans du Toit se rugbyspelers het die ongelooflike voorreg gehad om ’n ware legende van die spel, Bakkies Botha, te ontvang terwyl hulle voorberei vir die komende seisoen. Sy besoek was gevul met kragtige motivering, waar hy die belangrikheid van dissipline, harde werk en om geloof sentraal te hou, beklemtoon het.
Die 1ste span was veral bevoorreg en geëer om Curve Gear rugbytruie te ontvang ’n betekenisvolle herinnering aan die trots en tradisie wat daarmee gepaard gaan om die trui te dra. Dit was ’n inspirerende oomblik wat die span beslis vorentoe sal dryf hierdie seisoen.















