Hoërskool Rustenburg spog met Alumni wat wêreldgeskiedenis maak
ADVERTISEMENT
Ons spog met ‘n oud-Rustie wat wêreldgeskiedenis maak! Dr . Jon van Heerden, internasionaalerkende endokriene chirurg, opvoeder en navorser, is onlangs deur die American College of Surgeons aangewys as ‘n “Icon of Surgery” – een van die mees gesogte toekennings in die veld van chirurgie!
Met ’n indrukwekkende loopbaan by, onder meer, die wêreldberoemde Mayo Clinic en later MUSC in South Carolina, het hy ’n blywende nalatenskap van uitnemendheid, mentorskap en medemenslikheid geskep. Sy invloed op chirurgiese opleiding en pasiëntesorg strek oor dekades en kontinente.Ons is ongelooflik trots op sy prestasies en die nalatenskap wat hy steeds bou.










