Allegretto Eisteddfod uitslae vir Hoërskool Ferdinand Postma
ADVERTISEMENT
Allegretto Eisteddfod uitslae vir Hoërskool Ferdinand Postma. Ferdies is ongelooflik trots op almal wat vanjaar aan die Allegretto Eisteddfod deelgeneem het. Die eerste rondte het uitstekende resultate gelewer: Ferdies spog met 15 B- en B+-simbole, 23 A-simbole, 27 A+-simbole, 10 A++-simbole en DRIE A+++-simbole – die hoogste simbole wat by die Eisteddfod behaal kan word. Dit is toegeken aan Laura van der Walt wat ook die Nasionale afdelingwenner vir Visuele Kuns is. Cindy van Deventer het ook wonderlike resultate vir haar kuns behaal, asook El’Ad Fransman vir sy dansitems.
![]()










