Die Hoërskool Strand matriekklas van 2024 Akademiese Prysuitdeling
ADVERTISEMENT
Die matriekklas van 2024 se Akademiese Prysuitdeling het Vrydag saam met die matrieks se uitstapdag plaasgevind. By dié geleentheid is vakpryse, merietepryse asook erekleure vir akademie toegeken. Nathan Nel was in die algehele derde plek met 89% terwyl Jané Swart met 89,15% in die tweede klasposisie was. Kayla Swarts het weggestap met die Hottentots Holland Koöp-beker vir haar eerste plek in gr. 12 met 90.36%. Benneline Kruger het vanjaar die Skoolhoofdeskild vir Leerder van die jaar ontvang, terwyl Franko Stevens die Rotariërs Wisseltrofee vir veelsydigheid en 2de plek vir Leerder van die jaar ontvang het. Beide hierdie leerders was onderskeidelik hoofdogter en hoofseun van 2024!
- Die Pieter Koen-beker het vanjaar aan Martin Thiart gegaan vir volharding en deursettingsvermoë.
- Die volgende Prestige Sportpryse is ook by hierdie geleentheid oorhandig:
- Hectic Biltong-trofee: Sportvrou van die jaar (individuele sport) – Benneline Kruger
- Du Toit-beker: Veelsydigheid sport (meisie) – Benneline Kruger
- Thom Potgieter-beker: Sportvrou van die jaar (spansport) – Caydi Fortein
- Ster-toekenning: Buitesport beste pretasie – DC Fourie
- Tonie Potgieter-beker: Sportman van die jaar (spansport) – Ethan Leonard
- Morkel-beker: Sportman van die jaar (individuele sport) – FC van den Berg
- Sport Suppliers-trofee: Sportman van die jaar algeheel – FC van den Berg
- John Jennings-beker: Veelsydigheid sport (seun) – Uwen Januarie
Hoërskool Strand is trots op al hierdie leerders!

Benneline Kruger

Caydi Fortein

DC Fourie

Ethan Leonard

FC van den Berg

Uwen Januarie








