Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria-landloopmanne skitter aan die Gauteng-Noord Kampioenskap
ADVERTISEMENT
Die Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria-landloopmanne het op 17 Augustus aan die Gauteng Noord Kampioenskap deelgeneem. Die seisoen het duidelik gedraai en die manne moes karakter wys om in die hitte te hardloop. Baie geluk aan Reghardt Hattingh wat die o.17-wedloop gewen het, en Emil Els wat 2de in die o.15 wedloop gekom het. Die Noordvaal byeenkoms vind eerskomende naweek plaas en word as die grootste skole-landloopbyeenkoms in die land beskou. Baie sterkte aan die manne wat gaan deelneem.










