Afrikaanse Hoër Meisieskool wys “haar” staal tydens die NWU Superinterhoër Atletiekbyeenkoms
ADVERTISEMENT
Afrikaanse Hoër Meisieskool het haar staal gewys tydens die NWU-Superinterhoër-atletiekbyeenkoms wat gister by Pilditch plaasgevind het. Met uiters sterk kompetisie teen van die top-atletiekskole uit Noordwes, Mpumalanga en Gauteng, het ons ’n indrukwekkende totaal van 416 punte aangeteken. Ons naaste teenstander het 389 punte behaal – ’n bewys van hoe mededingend en hoogstaande die byeenkoms vanjaar was.
Die dag was gekenmerk deur ’n feestelike atmosfeer. Atlete het met ongelooflike deursettingsvermoë deelgeneem, terwyl ondersteuners van al die skole ’n lewendige en opwindende atmosfeer langs die baan geskep het. Affies se atlete het nie net deur hul prestasies uitgestaan nie, maar ook deur hul sportmanskap, vasberadenheid en spanwerk. Hierdie oorwinning is ’n besondere prestasie en getuig van harde werk, toewyding en uitstekende voorbereiding deur die atlete en afrigters.
Baie geluk aan al ons atlete en afrigters met ’n merkwaardige spanpoging!






















