Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se twee kore het susksesvol aan die Pretoria Eisteddfod deelgeneem
ADVERTISEMENT
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se twee kore het aan die Pretoria Eisteddfod deelgeneem. Die Junior Koor is met ‘n A++ aangewys as kategoriewenner Meisieskore: Onervare en is ook as algehele wenner van Onervare Kore aangewys. Wat ‘n puik prestasie. Die Blou Engele (Senior Koor) het in die Kategorie vir Meer Ervare Meisieskore deelgemeen. Hulle het pragtig gesing en is met A++ beloon. Die Blou Engele word ook as kategoriewenner aangewys.
Baie geluk aan beide ons kore. Ons sien julle sing.













