Laerskool Randhart redenaars presteer puik
ADVERTISEMENT
Laerskool Randhart se harte klop behoorlik van trots oor ons twee redenaars wat uitstekend tydens die ATKV-semifinaal presteer het.
Milan Potgieter (gr. 7) eindig in ’n indrukwekkende 6de plek.Simoné Steenberg (gr. 5) behaal ’n uitstekende 2de plek en dring deur na die landsfinaal.
Baie geluk met hierdie besondere prestasies. Julle hou die Ranties se naam hoog!Die landsfinaal vind op 4 en 5 Augustus by ATKV-Klein Kariba plaas. Ons wens vir Simoné alle sterkte toe vir die volgende ronde!










