Hoërskool Langenhoven spog met boogskiet prestasie
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Clarissa Steenekamp leerder van Hoërskool Langenhoven met haar uitstekende prestasie by die SANIFAA Archery Nationals! Clarissa het op 2 en 3 Mei 2026 in Mosselbaai uitgeblink waar sy ’n goue medalje verower het en ook met nasionale kleure in binnenshuise boogskiet vereer is. Hierdie besondere prestasie getuig van harde werk, fokus en deursettingsvermoë. Ons is baie trots op jou en die manier waarop jy die Dasse met trots verteenwoordig! Baie geluk met hierdie wonderlike mylpaal, Clarissa!









